Padwaardigheid by blokkades getoets die vakansie…December 4, 2023
Die Paaie-owerheid van Namibië se eerste mobiele voertuig-toetsstasie ter waarde van 6 miljoen Namibiese dollar, is in werking geneem. Die toetsstasie sal regdeur die land reis, selfs na die mees afgeleë plekke, en ‘n wye reeks toets-dienste lewer. Dit gaan ook tydens die feesseisoen deur die owerheid se padverkeerswet-handhawingspan gebruik word om voertuie se padwaardigheid te toets. Hileni Fillemon, woordvoerder van die Paaie-owerheid, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die mobiele toetsstasie gepraat.