Kwotas vir Etosha Fishing Corp onder die loep
Voordat die parlement in reses gegaan het, het visserye-minister Derek Klazen in die Nasionale Vergadering aangekondig dat die regering ‘n 5 000 ton kwota vir maasbanker aan die Walvisbaai-inmaakfabriek Etosha Fishing Corporation toegeken het. Weens ‘n tekort aan vis vir inmaak, was die maatskappy, wat sedert die 1940’s sardyne inmaak, van plan om sy werknemers teen 31 Julie af te dank. Kosmos 94.1 Nuus het met Matti Amukwa, die president van die Konfederasie van Namibiese Visvang Verenigings, gepraat wat die volhoubaarheid van kwotas vir die maatskappy bevraagteken het.