Inkatha-Vryheidsparty sê hy kan SA verander
Die Inkatha-Vryheidsparty doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om met sy leierskap te verenig, aangesien die party fokus op heropbou voor die 2024 nasionale en provinsiale verkiesing. Die party sê al hoe meer mense kies die IVP as hul politieke tuiste. Die IVP-lid, Blessed Gwala, sê die party se tienpunt-plan-manifes, wat hulle vir die 2021 plaaslike regeringsverkiesing uitgerol het en wat die munisipale bestuur in die hele Suid-Afrika kan verander, het positiewe uitslae opgelewer en gemeenskappe vind aanklank daarby.