Besigheidsopleiding kry hupstootNovember 30, 2023

Die Harold Pupkewitz Graduate School of Business het met die Sentrum vir Ondernemingsontwikkeling saamgesmelt om studente van werklike ervaring te voorsien en om die gaping tussen die akademie en die sakewêreld te oorbrug. Die uitvoerende direkteur in die vise-kanselierskantoor van die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, dr. Erling Kavita, het by die bekendstelling gesê dis nie bloot ‘n kombinasie van hulpbronne nie, maar ‘n alliansie om die toekoms van besigheidsopleiding in die land te hervorm. Verder is dit ook ‘n strategiese stap om dienslewering aan belanghebbendes en vennote te verbeter.