Vyfde dag van skietstilstand in Gaza verloop goedNovember 29, 2023
Nog 12 gyselaars, tien Israeli’s en twee Thaise burgers, is deur Hamas in Gaza vrygelaat. In ruil daarvoor is 30 Palestyne uit Israelse tronke vrygelaat. Altesaam 81 gyselaars wat in Gaza aangehou is, is nou vrygelaat tydens die skietstilstand tussen Israel en Hamas. Een-en-sestig is Israelse burgers en almal is vroue en kinders. Israel het 180 Palestyne uit tronke vrygelaat waarvan die meeste ook vroue en kinders is. Volgens berigte is talle aangehou maar nooit aangekla nie.