NSA sukkel steeds met sensus-betalingsNovember 29, 2023

Die uitstaande betalings van sensus-veldpersoneel en vervoer-diensverskaffers is steeds ‘n probleem vir die Namibiese Statistieke-agentskap. Die sensus bestuurder, dr. Isak Neema, het ‘n opdatering van die situasie gegee by ‘n onlangse media sessie wat deur die inligting-ministerie aangebied is. Neema sê die veldpersoneel het ook probleme ervaar met gemeenskapslede wat nie hul inligting wou verskaf nie. Die sensusopname het op 18 September afgeskop.