Indiese konstruksiewerkers in tonnel is bereik

Indiese redders onder leiding van sogenaamde rotmynwerkers is deur en het die 41 konstruksiewerkers wat vir 17 dae in ‘n ineengestorte tonnel in die Himalajas vasgekeer was, gevind. Die proses om die werkers uit Indië se armste state, een op ‘n slag op wieldraagbare deur ‘n pyp van 90 sentimeter breed, uit te haal, sal binnekort begin.