Verpolitisering van rooilyn is onverantwoordelik, kortsigtigNovember 27, 2023
Die rooilyn bly in die nuus, veral nou met politieke rolspelers wat die kwessie gebruik in hul verskeie veldtogte. Ally Angula, wat haar veldtog op sosiale media voer het ook verwysing na die kordonheining gemaak en beskryf dit as ‘en ekonomiese gevangenis. Job Amupanda, was saam met Angula meeding vir die presidensie, het selfs ‘n hofsaak gebring. Die kwessie word volgens kenners verpolitiseer. Kosmos 94.1 Nuus het met die oud-NLU president Piet Gouws oor die kwessie gesels. Hy sê die siening is uiters kortsigtig.
Hy voeg by daar is talle geleenthede vir boere in die noordelike kommunale gebiede.