Tweede reuse-ivoorvonds, die keer 15 tande
In nog ‘n intelligensie-operasie wat deur die omgewingsministerie saam met Nampol onderneem is, is twee verdagtes in besit van 15 olifante-tande by Namandumo-nedersetting in die Zambezi-streek, gearresteer. Volgens beskikbare inligting het sewe verdagtes van ‘n stroper-ekspedisie van Botswana teruggekeer toe hulle onderskep is. Vyf verdagtes het daarin geslaag om te vlug. Dit is die tweede voorval in minder as ‘n week waarin beslag gelê is op ‘n groot aantal ivoor met vir vorige arrestasie wat 509 kilogram ivoor opgelewer het op 24 November. Dit is vermoedelik ook Botswana se olifante wat gestroop is. Kosmos 94.1 Nuus het met Romeo Muyunda, woordvoerder van die ministerie gesels.