Tree op teen Noord-Kaap korrupsie: Action SANovember 27, 2023

ActionSA in die Noord-Kaap doen ‘n beroep op die premier, Zamani Saul, om sterk leierskap te toon en aandag te gee aan die mense se bekommernisse en om die korrupsiebewerings binne die provinsiale administrasie op ‘n beslissende manier te bestry. Dit volg ná die Departement van Paaie en Openbare Werke se finansiële hoof, Bradley Slingers, as voorsorgmaatreël geskors is weens beweerde korrupsie. Andrew Louw van ActionSA sê die party se kommer word vererger deur die departementshoof, Johnny Mackay, se vinnige optrede teen Slingers.