Pluimvee en vark: Landbou stel nog ondersoek in

Die Namibiese landbouministerie sê dat terwyl die insluiting van pluimvee en vark by die vee-kenmerkstelsel ingesluit is en in die staatskoerant gepubliseer is, beteken dit nie dat permitte onmiddellik nodig is nie. In ‘n verklaring sê die ministerie dat hy steeds besig is om pluimvee-instellings te registreer en protokolle vir voëlgriep en meer daar te stel. Die vervoerpermitte sal slegs van toepassing wees om die instansies en nie op huishoudings wat veral in landelike gebiede hulle varke en hoenders rondskuif nie. Verder, sal die nuwe stelsel eers in werking tree wanneer alle konsultasies voltooi is, wat steeds nie die geval is nie. Die produsente sal mettertyd ingelig word oor die jongste verwikkelinge.