Ongevalle opknapping… waar’s die tenders?
Vrae het ontstaan oor die opknapping van die ongevalle-afdeling van die Katutura-hospitaal. Die werk is onlangs voltooi teen ‘n koste van amper 13 miljoen Namibiese dollar, geborg deur Standard Bank en die Motorvoertuig Ongelukkefonds. Die Tender Bulletin berig dat geen openbare tender vir die werk uitgesit is nie en die kontrakteurs is ook, tot op hede, nie bekend gemaak nie. Die publikasie sê verder dat verskeie mediese toerusting soos dialise masjiene ook aangekoop is maar, daar is geen rekord vir so ‘n tender nie. Intussen is tenders vir opknappingswerk aan Sentraal-hospitaal op 17 November gekanselleer, dieselfde dag wat hulle gesluit het.