Goud bereik ‘n ses-maande hoogtepunt, ekonoom verduidelik
Die goudpryse het vandag ‘n hoogtepunt van ses maande bereik ondersteun deur ‘n swakker Amerikaanse dollar en op die hoop dat die Federale Reserwebank klaar is met sy siklus van rentekoersverhogings. Goud het vroeg vanoggend teen 2 014 Amerikaanse dollar per fynons verhandel. Ekonoom Dawie Klopper sê dis steeds nie buitensporig nie.