Lichtenstrasser-saak weer vertraag, drink blykbaar pilleNovember 23, 2023
Die drama rondom die moordenaar Ernst Lichtenstrasser se verhoor vir voorleggings voor vonnis duur voort. Dit verrigtinge kon nie vandag voortgaan nie omdat hy blykbaar in intensiewe sorg opgeneem is en nie in die hof kon verskyn nie. Die Afrikaanse dagblad Republikein berig dat dit moontlik as gevolg van ‘n oordosis was terwyl ander media dit direk ‘n selfmoordpoging genoem het. Lichtenstrasser is op 2 November deur regter Christie Liebenberg skuldig bevind op die April 2019 moord van Eckhard Mueller en Heimo Hellwig, twee direkteure van die Namibiese Instituut vir Mynbou en Tegnologie op Arandis. Na sy skuldigbevinding het hy sy regsman afgedank, siek gespeel en toe huisarres geëis as hy nie die doodstraf kon kry nie. Die hofsaak is gekenmerk deur uiters wisselvallige getuienis deur die 61-jarige Lichtenstrasser.