Waak teen antibiotika-misbruik
Die Gautengse Departement van Gesondheid doen ‘n beroep op die publiek om die misbruik van antibiotika te vermy, aangesien dit tot ‘n weerstand kan lei. Dit volg terwyl Wêreld Antimikrobiese Bewusmakingsweek waargeneem word. Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê antimikrobiese weerstand hou ‘n bedreiging in omdat dit moeiliker is om infeksie te behandel en die risiko’s verbonde aan prosedures en operasies verhoog. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê weerstand teen antibiotika kan die behandeling van bakteriële infeksie bemoeilik, insluitend urienweg-infeksie, tuberkulose, wonde wat besmet is en seksueel oordraagbare siektes.