Hou Namcor se bestuur aanspreeklik: Nico Smit

Reaksie word ontvang op die Verenigde Arabiese Emirate se Augusta Energy wat dreig om Namcor se olievoorraad oor te neem weens ‘n uitstaande rekening van 176 miljoen Namibiese dollar. Volgens plaaslike berigte skuld Namcor vier petroleum verskaffers 1,9 miljard dollar, en verwag ‘n reddingsboei van die regering. Die PDM se skadu-finansminister, Nico Smit, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die bestuur van Namcor moet aanspreeklik gehou word oor hoe dinge by die maatskappy hanteer word.