Hervestigde laer-inkomste boere kan probleme hê

Die hervestigingsbeleid van 2022-2033 beoog om voorheen benadeelde Namibiërs te hervestig wat nie landbougrond of voldoende landbougrond besit of gebruik nie. Die beleid het drie hervestigingsmodelle ingestel, naamlik die Hoë Ekonomiese Waardemodel, die Matige Ekonomiese Waardemodel en die Lae Ekonomiese Waardemodel. Die Lae Ekonomiese Waardemodel wil die jeug en individue met ‘n laer inkomste bemagtig. Kosmos 94.1 Nuus het met Petrus Nangolo, die direkteur van Grondhervorming, gesels om meer oor die Lae Ekonomiese Waardemodel te verduidelik.

Erastus Ngaruka, die vee en weiveld tegniese adviseur by Agribank, lewer kommentaar oor die uitdagings wat die Lae Ekonomiese Waardemodel-boere kan ervaar.