Misdaad sal toeneem namate die vakansietyd nader kom
Die teenmisdaad-aktivis Yusuf Abramjee doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om meer waaksaam te wees aangesien misdadige bedrywighede gewoonlik in die feestyd toeneem. Hy sê misdadige aanvalle, insluitend inbrake, rooftogte, kapings, bomaanvalle op kitsbanke en transitorooftogte, vind ongeveer elke 50 sekondes plaas. Abramjee waarsku dat hierdie misdadige bedrywighede gewoonlik gedurende die vakansieseisoen regoor die land toeneem en die misdaadsyfer neem jaar na jaar bestendig toe: