Lichtenstrasser eis huisarres
Die moordenaar Ernst Lichtenstrasser het tydens voorleggings vir vonnisoplegging aan regter Christie Liebenberg gesê hy het ‘n skoon en eerlike lewe gelei en dus voel hy, hy behoort nie tronkstraf te kry nie maar eerder huisarres. Hy sê dit is vernederend om in die tronk te sterf, veral omdat hy volgens hom oud is. Hy is 61. Hy het eers doodstraf gekies na Liebenberg hom gevra het watter vonnis hy sou verkies – maar dit is natuurlik onmoontlik. Lichtenstrasser het weereens uiters wispelturig voorgekom en op ‘n stadium gesê hy het na die foto’s van die April 2019-skietdood van Ekhardt Mueller en Heimo Hellwig gekyk en ook gedink hulle dood was onwaardig maar, toe voeg hy by ten minste was dit vinnig en pynloos. Die saak is tot 23 November uitgestel vir Lichtenstrasser se getuies om vanuit Duitsland aan te kom.