Registrasie-toetslopie vorder goed
Die Namibiese Verkiesingskommissie is besig met die toetslopie wat hy tot Vrydag hou om sy nuwe geïntegreerde mobiele registrasie-stelsel te toets. Daar sal voorbereidingsregistrasies wees in die Keetmanshoop landelike-kiesafdeling, Windhoek se landelike-kiesafdeling, sowel as op Swakopmund, Oshakati-Oos en die Rundu stedelike-kiesafdeling. Woordvoerder De Wet Siluka het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor hoe hulle vorder en hy moedig die publiek aan om deel te neem.