Bipa se boete-kwytskelding skop af

Die minister van industrialisasie en handel, Lucia Ipumbu, het in die Nasionale Vergadering die program bekend gestel waarvolgens die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid besighede kwytskeld van boetes en bykomende fooie wat opgeloop het weens nie-betaling van jaarlikse heffings tussen 2012 en 2022. Om in aanmerking te kom, moet ondernemings onder meer vir die program aansoek te doen en hul uitstaande kapitaalbedrae vir elke jaar van nie-nakoming vereffen. Die program is effektief tot 31 Maart volgende jaar. Ipumbu verduidelik meer.