Verkiesings en jeugwerkloosheid – dis belofte-seisoen
Die debat oor jeugwerkloosheid duur voort. Sommige blameer die regering vir die werkloosheidsituasie, terwyl ander meen daar sal ‘n verskil in die aantal stemme wees aangesien baie van die jeug die voortou sal neem. Namibië se werkloosheidskoers staan op 33,4 persent met ‘n jeugwerkloosheidskoers van 46,1 persent, waarvan mans 43,7 persent en vroue ‘n verbysterende 48,5 persent uitmaak. Binnekort gaan politieke partye beloftes begin maak oor hoe hulle in die volgende vyf jaar nuwe werksgeleenthede vir die jeug sal skep. Kosmos 94.1 Nuus het met Duminga Ndala van die Landless People’s Movement jeug-afdeling gesels oor wat LPM se plan is om jeugwerkloosheid te help bekamp.