Swak afvalbestuur wek kommer
Met toenemende industrialisasie en verstedeliking, het afvalbestuur ‘n kritieke nasionale bekommernis geword. Vuil dorpe en stede, Windhoek ingesluit, is ‘n bekommernis in baie Afrika-lande. Baie nedersettings, dorpe, stede en munisipaliteite in die land het nie behoorlike stortingsterreine nie en gebruik vullishope vir afvalverwydering. Die ombudsman, Basilius Dyakugha, sê sommige munisipaliteite misluk in afvalbestuur en die instandhouding van hul stortingsterreine. Hy het sy kommer aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.