Direkteur by VN bedank oor hantering van Gaza-saak
Die Verenigde Nasies se direkteur van menseregte in hulle kantoor in New York, Craig Mokhiber, het bedank uit teenkanting teen die organisasie se hantering van die situasie in Gaza. Hy sê in sy bedankingsbrief dit is duidelik die VN het misluk in sy plig om massa-gruweldade te voorkom, kwesbares te beskerm en aanspreeklikheid van oortreders te eis. Mokhiber sê die situasie in Gaza is ʼn tipiese voorbeeld van volksmoord en die VN is magteloos om dit te keer.