Tshwane looi spazawinkels

Die Stad Tshwane het boetes van 63 000 Suid-Afrikaanse rand uitgereik aan sake-ondernemings in Temba, Hammanskraal, wat nie voldoen aan Suid-Afrikaanse voedselveiligheid-standaarde nie. Die stad, die gesondheidsdepartement, die polisie, binnelandse sake en korrektiewe dienste het ‘n driedaagse gesamentlike optrede afgesluit waartydens spaza-winkels en groothandelaars geteiken is wat nie aan die standaarde voldoen nie. Daar is ook gefokus op gesondheid-standaarde, die nagaan van lisensies en nakoming van munisipale verordeninge. Woordvoerder Selby Bokaba sê weeklikse inspeksies sal voortduur te midde van kommer oor voedsel-veiligheid: