Cyril geloof vir kansellasie van SAMA’s
Die Vereniging van Staatsamptenare in die buurland glo die KwaZulu-Natalse Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme se kansellasie van die aanbieding van die Suid-Afrikaanse Musiektoekennings skep ‘n presedent dat openbare fondse vir dienslewering aangewend moet word. Hulle loof president Cyril Ramaphosa se ingryping en die LUR, Sboniso Duma, se besluit om die jaarlikse geleentheid te kanselleer, wat na raming 28 miljoen Suid-Afrikaanse rand sou kos. ʼn Woordvoerder van die vereniging, Mlungisi Ndlovu, versoek die provinsiale regering om voorrang te gee aan dienslewering en werknemerswelsyn: