Low Key sê hy’s reg vir die VSA
Die Namibiese liggewigbokser Jeremiah ‘Low Key’ Nakathila is gereed vir sy geveg teen Ernesto Mercado in die VSA. Dit vind op 11 November by die LumColor Phoenix-sentrum in Ontario, Kalifornië plaas. Die Namibiër, wat ‘n voormalige wêreld titelhouer is het ‘n rekord van 26 gevegte met 23 oorwinnings met 19 van hulle wat uitklophoue was. Kosmos 94.1 Nuus het Nakathila wat op 5 November vertrek, gesels.