Padongelukkefonds moet maar betaal

Die Konstitusionele Hof in die buurland het die Padongelukkefonds se versoek van die hand gewys om te appelleer teen ‘n uitspraak van die Noord-Gautengse Hooggeregshof wat hom verbied om vergoeding vir mediese uitgawes te weier vir slagoffers wat reeds uitbetalings van mediese fondse ontvang het. Die Discovery Health-mediese skema, wat die saak aanhangig gemaak het, het betoog die fonds se weiering kan ‘n finansiële las vir mediese skemas veroorsaak. Die uittredende bedryfshoof van Discovery Health, Ryan Noach, het aan eNCA gesê hulle verwelkom die hof se uitspraak.