Saftu sê NSFAS-hoof moet waai

Die vakbondfederasie Saftu doen ‘n beroep vir die onmiddellike verwydering van die uitvoerende hoof van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, Andile Nongogo, weens bevindings wat aandui die reëls is oortree met die aanstelling van vier regstreekse-betalingskema-kontrakte. Die federasie eis NSFAS se deursigtigheid oor bewerings van die onbehoorlike aanstelling van hierdie diensverskaffers. Dit volg nadat die Werksmans-verslag twyfelagtige subkontrakteringspraktyke en buitensporige diensfooie aan die lig gebring het. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, is gekant teen die privatisering en uitkontraktering van openbare instellings, en vra die staat moet doeltreffende dienste aan die publiek lewer: