Nog kinders siek van smous-kos

Die Departement van Onderwys in Gauteng doen ‘n beroep op skoolbeheerliggame, ouers en die gemeenskap om waaksaam te wees oor voedselveiligheid in skole. Dit volg nadat sowat 22 leerders van die Laerskool Tlotlompho in Tshwane gister siek geword het nadat hulle versnaperings van ‘n straatsmous geëet het. Vier van hulle is in die hospitaal opgeneem. In ‘n afsonderlike voorval het 40 leerders van die Laerskool Reimolotswe in Winterveldt gesondheidsprobleme ondervind nadat hulle versnaperings geëet het wat by verskillende smouse gekoop is. Die woordvoerder, Steve Mabona, wens die betrokke leerders ‘n spoedige herstel toe.