Kongola kry nuwe polisiepos
Binnelandse sake-minister Dr. Albert Kawana het die Singalamwe polisiepos ter waarde van meer as 34 miljoen Namibiese dollar in die Kongola-kiesafdeling van die Zambezi-streek ingehuldig. Kawana sê die polisiepos sal polisiëringsdienste nader bring aan die mense van die Zambezi-streek en besoekers. Hy waarsku ook diegene wat vir afskeiding beplan, dat niemand die mag sal hê om die Zambezi-streek van Namibië te skei nie, en beklemtoon dat die Kamenga-gebied betekenisvol is, aangesien dit sedert Augustus 1968 as ‘n slagveld vir die bevryding van die land gedien het.