Geen oudit-opinie vir Karas-streeksraad nie
Die Namibiese ouditeur-generaal Junias Kandjeke sê hy kan geen oudit-opinie oor die geldsake van die Karas-streeksraad lewer nie, wat beteken hy kan nie bepaal of die inligting wat hy ontvang het korrek is of nie. Hy sê daar is ‘n saamgevoegde wanvoorstelling van amper 26 miljoen Namibiese dollar. Inventaris word op amper 156 000 dollar beraam maar, daar is niks wat aandui dat daar ‘n inventaris is nie. Daar is ook ‘n verskil van 98 miljoen dollar in die kontantvloei-staat sowel as ‘n verskil van 47 miljoen dollar in totale kontant ontvang. Die raad se waarnemende hoofbeampte, Bennie Diergaardt het die mislukte boekhouding op ‘n nuwe stelsel blameer.