Swaar reën vir dele van Suid-Afrika voorspel vandag

Terwyl droë en sonnige toestande oor Namibië heers waarsku die Suid-Afrikaanse Weerdiens vandag teen hewige donderstorms vir KwaZulu-Natal, die Vrystaat, die Noord-Kaap en Noordwes. Dit kan lei tot skade aan infrastruktuur en nedersettings. Die N3-tolkonsessie se bedryfsbestuurder, Thania Dhoogra, sê moeilike rytoestande kan op dele van die N3-tolroete in KwaZulu-Natal en die Vrystaat ervaar word: