Eerste olie sal in 2030 vloei – Shino

Namibië verwag die eerste olie produksie teen 2030 en oorweeg ‘n drywende produksie berging en aflaai-platform om ru-olie uitvoere te bewerkstellig. Die petroleumkommissaris Maggy Shino het die aanmerkings by die konferensie in Kaapstad gemaak. Namibië het groot belangstelling van internasionale energiemaatskappye gelok nadat Shell en TotalEnergies ontdekkings aflandig in die Oranje-bekken gemaak het. Die twee maatskappye is tans besig om die bronne te toets.