Bi-Nasionale Kommissie vergaderings skop af
President Hage Geingob en president Cyril Ramaphosa vergader môre by die 3de sitting van die Namibië-Suid-Afrika Bi-Nasionale Kommissie in die hoofstad. Ministers van die twee lande kom vandag byeen en kyk na samewerking op verskeie vlakke insluitend ekonomies, maatskaplik, verdediging en sekuriteit. Om handel te versterk sal ‘n Namibië-Suid-Afrika Besigheidsforum op die kantlyn van die kommissie ook môre gehou word. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van SME Compete, Danny Meyer, gepraat wat sê hierdie vergadering is baie belangrik vir die sektor, om besigheid-tot-besigheid-uitruilings te versterk.