DA wil weet hoekom SAUK geldsake geheim hou

Die DA het kommer uitgespreek oor die SAUK se geheimhouding rondom sy finansiële planne. Hulle doen ‘n beroep op die voorsitter van die Parlement se portefeuljekomitee oor Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Boyce Maneli, om te herbesin oor die besluit om ‘n deel van die vergadering te sluit. Die party voer aan die openbare uitsaaier moet deursigtig wees, en geslote vergaderings ondermyn parlementêre aanspreeklikheid. Die DA-lid, Natasha Mazzone, sê die publiek moet nie uitgesluit word van komiteesittings nie, tensy dit op ‘n redelike wyse geregverdig is: