Beweerde Zambezi-bedrogspul oopgevlek
Terwyl die laaste twee verdagtes in die beweerde Zambezi-bedrogspul ook elk borg van 50 000 Namibiese dollar ontvang het, is meer besonderhede oor die saak beskikbaar. Volgens plaaslike berigte het die betaling van 4,7 miljoen Namibiese dollar aan ‘n maatskappy wat gekies is vir ‘n tender wat nooit geadverteer is nie – en vir werk wat nie gedoen is nie – gelei tot die inhegtenisneming van die ses streeksraadsamptenare, insluitend die hoofstreeksbeampte Regina Ndopu-Lubinda. Daar word beweer dat Ndopu-Lubinda die betaling uit die rekening van die streekraad goedgekeur het nadat die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling geweier het om dit te magtig. Die kontrak sou blykbaar ontwikkeling in die Kongola-streek bewerkstellig het.