BTW moet van SA-pluimvee-produkte verwyder word
Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regerings-vereniging beywer hom vir ‘n tydelike opskorting van BTW op pluimvee-produkte. Dit volg op stygende pryse weens die uitbreking van voëlgriep. Salga glo ‘n verlaging van 15 persent in pluimvee-pryse kan kwesbare huishoudings beskerm teen voedsel-onsekerheid. Die organisasie se voorsitter in KwaZulu-Natal, Thami Ntuli, sê die verlaging kan die druk op verbruikers help verlig: