Frankryk gee Italië pak, eindig bo-aan Groep A
Rugby: Frankryk het gisteraand in Lyon na die Wêreldbeker-kwarteindstryd deurgedring deur Italië met 60-7 af te ransel. Die oorwinning het verseker Frankryk eindig bo-aan Groep A na vier oorwinnings in vier kragmetings. Les Blues speel teen óf Ierland, Skotland óf Suid-Afrika in die volgende ronde. Ierland kom vanaand om 9 uur teen Skotland te staan in ‘n wedstryd wat die Springbokke se lot sal bepaal.