Groot geweld, misdaad op Bots-onafhanklikheid

Die polisie in Botswana is geskok oor die getal sterftes wat op die land se Onafhanklikheidsdag plaasgevind het. Daar is 39 mense is vanjaar dood terwyl daar op dieselfde dag verlede jaar 26 sterftes aangemeld is. Onder vanjaar se sterftes was 22 moorde, 11 selfmoord-gevalle en ses padsterftes. Volgens die polisiewoordvoerder, Selinah Omphile, toon ondersoeke die meeste moorde was die gevolg van misverstande, terwyl daar ʼn paar lukrake aanvalle op slagoffers was. Omphile sê daar is ook 6 824 verkeersoortredings in die land aangemeld.