Etosha-karnaval wil toeriste lok, land se erfenis vier

Namibië se toerisme-ministerie, in samewerking met die Ondonga Tradisionele Owerheid, sal volgende jaar die eerste Etosha-karnaval aanbied. Die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, sê die karnaval het ten doel om toerismeprodukte, aanbiedings en nuwe markte te diversifiseer om meer plaaslike reisigers te lok, en internasionale toeristeaankomste te verhoog. Die karnaval bied ook ‘n geleentheid om Namibië se uiteenlopende kultuur en erfenis te vier en ten toon te stel. Muyunda sê die karnaval sal na verwagting verskeie bedrywighede aanbied, insluitend valskermspring, kulturele vertonings en Namibië se tradisionele kookkuns.