Landbou-innovering onder die loep

Bank Windhoek bied ‘n landboureeks-geleentheid aan op die 19de Oktober. Die reeks stel kundiges in hul veld in staat om hul kennis met diegene wat in die landbousektor werk en belangstellendes te deel, om by te dra tot die sektor se toewyding en dryfkrag. Die reeks betrek die publiek by landbou-innovasie, die maksimalisering van produksie, die verbetering van oesopbrengste met minimale waterverbruik, en om die huidige landbou-ekonomie en megatendense te verstaan. Namibië se landbousektor dra sowat vyf persent by tot die nasionale bruto binnelandse produk en onderhou 70 persent van die bevolking. Kosmos 94.1 Nuus het met Hayley Allen, Bank Windhoek se hoof van strategiese kommunikasie, gesels wat meer deel.