Whk-parkering: Daar was niemand om te betaal nie, nou hef hulle boete
Vele motoriste in Windhoek is ontevrede met die manier waarop betaling vir parkering in sekere strate in die hoofstad hanteer word. Dit volg nadat Stad Windhoek in Maart twee private maatskappye, aangestel het om parkering in die sentrale sakekern te bestuur. Dit is uiters duur maar, nou blyk dit dat daar boetes is. Windhoek-inwoner Bennie van der Merwe sê hy is 400 persent gehef omdat daar niemand was om te betaal vir die parkering nie. Hy verduidelik…
Van der Merwe voeg by dis ‘n slegte ervaring vir inwoners en ook besoekers.
Stad Windhoek het onderneem om terugvoer aan Kosmos 94.1 Nuus te gee. Daar is beaam dat die heffing van boetes onwettig is maar dit moet nog deur die Stad bevestig word.