NLU hou kongres, Agra beklemtoon belangrikheid van landbou
Die jaarlikse Namibiese Landbou-unie kongres is tans in die hoofstad aan die gang. Verskeie uiters belangrike landbou-kwessies kom onder die loep vandag en leierskap word ook verkies. Landbou word erken as die belangrikste ekonomiese aktiwiteit in die land met meer as 70 persent van alle werksgeleenthede wat of direk of indirek deur die sektor verskaf word. Arnold Klein, Agra se hoofuitvoerende beampte is ook by die kongres en het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.