Landbou-entstowwe: Alles is nie verlore nie

Die lewering van diere-entstowwe van Onderstepoort Biologiese Produkte in Suid-Afrika het tot stilstand gekom omdat die entiteit al ‘n geruime tyd probleme ondervind met produksie. Namibiese boere maak tot ‘n groot mate staat op hierdie entstowwe. Kosmos 94.1 Nuus het met Mariental-veearts Dr Andreas Gaugler gesels, wat sê al is daar ‘n tekort by Onderstepoort, is daar goeie nuus oor die verkryging van die nodige entstowwe.