Ella-brand onder beheer, oorsaak word nog ondersoek

Die Windhoek-brandweerhoof, Fillipus Sikongo sê die brand by die koshuis by Ella du Plessis Hoërskool in Khomasdal is onder beheer. Dit het op die tweede vloer uitgebreek en Sikongo sê omdat die gebou oud is, was baie van die materiaal vlambaar. Hy voeg by ‘n ondersoek is gelas om die oorsaak te bepaal.