Nigeriërs vra 200% verhoging, ontvang N$624
Nigerië se president, Bola Tinubu, het ‘n loonverhoging aangebied vir lae-inkomsteverdieners. Tinubu het aangekondig die gemiddelde laegraad-werker sal ‘n bykomende 624 Namibiese dollar vir die volgende ses maande ontvang om te help om die uitwerking van ekonomiese hervormings teen te werk en om Nigerië se sukkelende ekonomie te laat herleef. Die aankondiging volg voor ‘n groot arbeidstaking deur die National Labour Congress en die Trade Union Congress. Volgens Adeoye Akinola van die Universiteit van Johannesburg se Pan African Thought Conversation eis die vakbonde ‘n verhoging van 200 persent: