Noodtoestand in New York na ‘n maand se reën in etlike ure neerstort

Deurdringende reën en fratsvloede het New York byna tot stilstand gedwing met die goewerneur Kathy Hochul wat ‘n noodtoestand afgekondig het om fondse beskikbaar te stel. ‘n Maand se reën het binne slegs drie uur in dele van Brooklyn geval. ‘n Vloedwaarskuwingstelsel is in werking vir 23 miljoen mense in New York, New Jersey en Connecticut. Die burgemeeester van New York, Eric Adams, het gewaarsku nog reën word vandag verwag terwyl inwoners sukkel met vervoer met paaie en moltreinstasies wat gesluit is.