Sensus-personeel kom by dooiemansdeur aan in Omaheke
Die Namibiese Statistieke-agentskap sê sommige lede van die publiek in die Omaheke-streek weier om die 2023-sensusspan in hul huise toe te laat, ondanks sy pogings om mense op te voed en in te lig oor alle aspekte van die sensus. Dit is teen die wet en is strafbaar met ‘n boete van tot 50 000 Namibiese dollar of met tronkstraf van tot vyf jaar, of met beide. Die publiek word daaraan herinner dat die sensus ‘n nasionale projek is wat die ondersteuning en samewerking van alle burgers vereis. Die agentskap sê hy sal nie huiwer om mense te vervolg wat die sensusspan verhinder om hul werk te doen.