NLU-president reageer op meer as 30 veediefstal sake… daagliks

Mike Venaani, ‘n PDM-LP en vader van die party se leier, McHenry Venaani, het die week gesê die Nasionale Vergadering moet ‘n dringende debat hou om die oorsaak van hoë veediefstalsyfers, wat blyk net erger te word, te bespreek. Dit was in reaksie op die jongste syfers, waarvolgens daar tussen Mei 2021 en April 2023, 23 791 gevalle van veediefstal aangemeld is – meer as 30 daagliks. Piet Gouws, die president van die Namibiese Landbou-unie, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê veediefstal grens aan ekonomiese sabotasie maar hulle werk saam met die Namibiese polisie om dit te probeer hokslaan.